Oes Praktyke

left-arrow-sketch

Vrugte:

  • Doen vrug volwassenheidstoetse om te verseker dat die vrugte gaan ryp word
  • Plukstokke knip stingeltjies vêr van vrug af of vrugte word aan stingeltjie gepluk en nie uitgeskeur nie
  • Vrug val versigtig in pluksak in of word versigtig in pluksak geplaas
  • Stingeltjies word met skerp skêr reguit afgeknip

Stokke, skêre en kiste:

  • Plukstokke is in ‘n werkende toestand
  • Pluksakke en kiste is skoon en nie vol stokkies of klippies nie
  • Pluksakke word versigtig leeggemaak
  • Skêre is skoon en gesteriliseer
  • Plukkiste is skoon en geen stukkende plukkiste word gebruik nie
  • Plukkiste word nie oorvol gelaai nie
  • Kiste word versigtig hanteer sodat vrugte nie uitval of rondskud nie

Voertuie en paaie:

  • Wiele is effens pap en voertuie ry stadig om te verhoed dat vrugte rondskud en skaaf
  • Paaie is in ‘n goeie toestand

Higiëne:

  • Vingernaels is kort en skoon
  • Snye en ander wonde is bedek
  • Hande word gewas voor oes prosedure begin en na elke toilet besoek
  • Gebruik seep om hande te was

Algemeen:

  • Raporteer enige aanraking van liggaamsvloeistof met vrugte en hou besmette vrugte eenkant sodat bestuurder of voorman dit kan vernietig
  • Wees op die uitkyk vir sabotasie en diefstal
  • Moet nie vrugte met grond aan na die pakhuis toe vervoer nie
  • Moet nie vrugte in die son laat staan nie – bedek vrugte of laat altyd vrugte in digte skaduwee staan in die boord
  • Bedek die waens met skadunet of ‘n seil wanneer die vrugte pakhuis toe vervoer word
  • Moet nie oes terwyl die vrugte nat is nie
  • Hou rekord van oes (bv. per blok, plukspan, datum, afleweringsnotas)
  • Hou rekord van uitskotte

home-sketch